Wat n voorreg om die Weskus Netbal spanne by ons te hê. Dit is altyd lekker om die positiewe terugvoer ook te deel.
Baie dankie aan die Weskus Netbal Span vir julle ondersteuning. Dit was n voorreg om julle te huisves.
Hallo Sarika, hoop julle is uitgerus na ons klomp se vertrek. Namens Weskus Netbal net weer ons hartlike dank vir n ongelooflike heerlike verblyf by julle. Ons is n groep van 39 Netbal spelers en Beamptes wat aan die Weskaap Provinsiale Netbal Toernooi in Beaufort Wes gaan deelneem het, en tuis gegaan het by Die Herehuis. Met een woord FANTASTIES!!! Ons is met ons aankoms die Donderdagaand buite by die hek baie vriendelik ontvang, sommer met die intrapslag baie welkom gevoel.
Die kamers is pragtig, baie gerieflik ingerig en baie skoon. Die hele omgewing en tuin is so mooi en kalmerend en laat jou nog meer tuis voel. Die ontbyt en aandetes het al ons verwagtinge oortref, vir beter kon ons nie gevra het nie. Geen moeite was te veel nie en altyd met n glimlag. n Baie groot dankie aan Sarika en die personeel, julle is n puik span. Almal ewe vriendelik en altyd behulpsaam. Ons is 3 spanne van Weskus Netbal, 2 Dames spanne, A & B en n Mans span wat deelgeneem het aan die Toernooi.
Die Dames A & B het altwee hulle afdelings gewen en Goue medaljes huistoe gevat. Die mans het 6de in hulle afdeling geeindig. Dit was n heerlike Toernooi en fantastiese verblyf in Die Herehuis. Nogmaals baie dankie Sarika en personeel, ons het alles opreg waardeer. Ek en ek weet een en almal van ons sal die Herehuis in Beaufort Wes vir enige persoon ten sterkste aanbeveel. Nogmaals baie baie dankie!!! Groete van ons Spanbeamptes en elke speler van Weskus Netbal Federasie.
Baie dankie vir julle ondersteuning.
Vir enige besprekings, prys navrae of algemene navrae, kontak gerus vir Sarika by Die Herehuis.